Wie is ons?

Hansa Draught Outjo Wildsfees is 'n welbekende fees wat jaarliks gevier word in die klein dorpie Outjo, Namibië.  Outjo is bekend as die poort na die beroemde Etosha Nationale Park, een van die mees gewildste toerisme aantrekkings in ons land en in Afrika.

 

Die fees se eerste jaar bestaan was tydens 2003.  Otjikondo Boerevereniging het die fees begin met die gedagte om 'n platvorm te skep vir 'n wildsveiling.  Die fees het daarvanaf ontwikkel in een van die mees gewildste familie georïenteerde feeste in Namibië.  Die Wildsveiling is steeds een van die grootste aantrekkings tot die fees en is bekend vir hul top gehalte bastergemsbok bloedlyne sowel as die groot verskeidenheid wild spesies.

 

Otjikondo Boerevereniging se visie was om te belê in die gemeenskap asook die ontwikkeling daarvan en naby geleë instansies.  Lede van die dorp se instansies en besighede het betrokke geraak en bestuur van die fees is tydens 2014 oorgeneem.  Die Outjo Wildsfees was omgeskakel in 'n Finansiële Ondersteunings Vereniging vir die Outjo gemeenskap.

 

Tydens 2016 is die fondament waaruit die Vereniging bestaan vasgelê;

    • Omgewings-onderrig

 

    • Bewaring

 

    • Toerisme

 

 

Outjo Wildsfees se visie;

    • om 'n platvorm te skep vir ons fondament om uit te staan en te groei in alle moontlike maniere.

 

 

Outjo Wildsfees se missie;

    • om die volgende generasie natuurbewaarders te inspireer, te werf en te behou.

 

    • om ons kinders te leer oor die verskillende aspekte van die natuur en die toekoms daarvan.

 

Ons gee terug

Outjo Wildsfees is 'n Gemeenskapsprojek en 'n Finansiële Ondersteuningsorganisasie, en as gevolg van die sukses van die fees is dit 'n groot voorreg om jaarliks aan die gemeenskap terug te gee.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Lizel, 081 354 8118, en Carina, 081 124 9011

Kaartjies sal beskikbaar wees by die hekke